'N MUSIEKBLYSPEL
JESUS SE VERHAAL DEUR DIE OË VAN SY GESIN
'n Aangrypende geloofsreis deur die lewe van Jesus Christus — van Sy geboorte en bediening, tot die kruis, die graf en die hoop van Sy opstanding.
AFTELLING TOT DIE EERSTE VERTONING
OOR DIE MUSIEKBLYSPEL
Maria se Tafel is 'n oorspronklike musiekblyspel wat jou op 'n aangrypende geloofsreis neem deur die lewe van Jesus Christus. Deur musiek, storievertelling en aanbidding word die hart van die Evangelie op 'n vars manier oopgemaak, waar elke oomblik jou nader trek aan Jesus se liefde, genade en verlossing.
Beleef Jesus en sy gesin by Maria se Tafel — 'n ervaring wat jou geloof sal versterk en jou hart sal aanraak.
Stel jouself voor jy het as kind saam met Jesus aan tafel gesit. Wat as Jesus jou broer was? Wat as Hy jou kind was? Sou jy in Hom glo?
Kom beleef Maria se Tafel – ’n aangrypende musiekblyspel wat Jesus se verhaal deur die oë van sy gesin vertel. 'n Produksie deur die gemeenskap, vir die gemeenskap.
Oorspronklike musiek wat jou hart raak en jou nader trek aan die liefde van Jesus.
Die hart van die Evangelie word op 'n vars en aangrypende manier oopgemaak.
Elke oomblik neem jou op 'n reis deur Jesus se lewe — van geboorte tot opstanding.
KOMENDE VERTONINGS
Kaartjies is R40 elk. Moenie uitmis nie — bespreek vandag nog jou plek!
ROLBESETTING

Ma van Jesus
Akteur: Alide

Broer van Jesus
Akteur: Almero
+ kinderjare karakter

Seun en broer
Akteur: Marius
+ kinderjare karakter

Tweede broer van Jesus
Akteur: Janko
+ kinderjare karakter

Pa van Jesus
Akteur: Eben
Maria se tannie
Akteur: Magda
Die Doper (kind)
Akteur: TBA

3de broer van Jesus
Akteur: Wesley
+ kinderjare karakter

Suster van Jesus
Akteur: Simoné
+ kinderjare karakter

Suster van Jesus
Akteur: Annemie
+ kinderjare karakter

4de broer van Jesus
Akteur: Xander
+ kinderjare karakter

Dissipel van Jesus
Akteur: Peter

Volgende geslag gelowige
Akteur: Stiaan
Elke karakter is eens klein en jonk, en dan spring die storie na waar hulle ouer is — karakters met 'n kinderjare-weergawe word deur kinders as hul dubbels gespeel.
KONTAK ONS
Het jy vrae oor die musiekblyspel of wil jy betrokke raak? Kontak ons gerus!